Mat 28:19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
MY MISSIE IS OM TE GETUIG VAN GOD EN SY WOORD EN VAN JESUS CHRISTUS! EK GLO DIE BYBEL IS GOD SE WOORD, ONVERANDERLIK, LEWENDMAKEND, WAARHEID EN NUTTIG VIR LERING, TEREGWYSING EN VERMANING, EN DAT JESUS VIR ONS GESTERF HET AAN DIE KRUIS VAN GOLGOTA EN OPGEWEK IS IN GLORIE EN ONS VRYGEKOOP HET VAN SONDE EN VERDERF EN DIE ENIGSTE WEG, WAARHEID EN LEWE IS!!! My missie is om siele vir Jesus te wen en om mense toe te rus met kennis van die Woord om te doen wat Jesus ons in die genoemde teksgedeeltes beveel het om te doen!! DIT GAAN OOR JESUS EN SIELE VIR HOM - NIKS ANDERS NIE!!! Die bruidegom is oppad om Sy bruid te kom haal en ek wil gereed en deel wees van die bruid as Hy kom en soveel mense van ons Almagtige redder, verlosser en voleinder van ons geloof vertel!!
Ek het die Youtube, Facebook, Watsapp en Telegram groepe begin om die evangelie uit te dra. Ek stel op publieke en sosiale platforms al my boodskappe en videos gratis vry om sodoende die soekende siel te bereik. Die videos en boodskappe bevat verskeie boodskappe, kerkdienste, leringe en Bybelstudies wat tot groot aanwins sal wees vir elkeen wat begeer om in die Here te groei en ook 'n dieper verhouding met die Here te hê. Elke siel is kosbaar vir die Here, en God wil nie hê dat enige een verlore moet gaan nie, maar dat ons almal tot bekering moet kom (2 Pet 3:9)
Mar 16:15 En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.
Mar 16:16 Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.
Mar 16:17 En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek,
Mar 16:18 slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.

