Een aand oppad terug van die kerkdiens af, ry ek verby 'n ongelukstoneel, dit was reënerig, koud, en daar het 'n ry karre gestaan langs die pad, een polisie bakkie het die pad afgeblok met sy blou lige aan, dit het glad nie baie dramaties gelyk nie, dalk miskien 'n klein botsing of ietsie het ek gedink toe ek dit sien. Ek ry toe stadig verby en in die hoek van my oog, reg agter die polisiebakkie op die pad sien ek twee voete uitsteek onder 'n swart plastieksak, die besef dring tot my deur dat dit 'n lyk is. Hy/sy lê eenkant, alleen, weggesteek onder 'n sak, dit is so hartseer toneel.. die dood is so eensame ervaring.. elkeen van ons het 'n afspraak met die dood wat ons een of ander tyd gaan moet bywoon.. Die heel eerste gedagte wat my binneskiet is... Here, was daardie persoon gereed om te sterf? waar hef hy vanaand sy oë op? in die hel of is hy nou by U? In my hart doen ek so stille gebed vir die persoon, 'n hartseer kom op in my gemoed, ek voel skielik weer so klein, breekbaar, en nederig! want net 'n paar uur gelede het ek saam met die gemeente die Here geloof en prys en is so gestig deur die teenwoordigheid en die ontmoeting met die Here tydens die diens, en hier kom ek op hierdie toneeltjie af wat my met 'n slag terugruk na die realiteit van die lewe! en net daarna vra die Heilige Gees my... Henco.. sê gou vir my, as dit jy was wat onder daardie sak gelê het, waar sou JY jou oë oopmaak? Vir 'n oomblik flits 'n hele klomp gedagtes deur my kop, die skokkende antwoord was ... HERE VERGEWE MY DAT EK SOVEEL TYD AAN ANDER DINGE SPANDEER EN EK U SOMTYDS AFSKEEP.. ek kan somtyds so besig raak met die DINGE van die Here, maar vergeet partymaal van die Here self!! my vraag aan jou is vanaand.. as dit jy was wat onder daai sak gelê het, waar sou jy jou oë oopmaak? sou jy by Jesus wees of in die onuitbluslike vlam? Ons is nog so bevoorreg om nog 'n dag te kan opstaan en sorg dat ons saak met God reg is, Moenie wag todat jy ook onder 'n sak lê nie, want dan is dit te laat, terwyl jy nou die geleentheid het, draai terug na Jesus, en as jy reeds jou hart vir Jesus gegee het maar so bietjie verslap het.. maak NOU reg, want netnou mag daardie sak oor jou lê!