Welkom by hierdie blad, Mag dit 'n groot seën vir u wees,  Ek is in diens van my redder en verlosser Jesus Christus en wil graag met u deel wat HY op my hart lê deur woord en sangbediening. U kan my Cd's en Usb stokkies bestel deur met my kontak te maak. Ons besonderhede is elders op hierdie blad beskikbaar. U kan ook op my Youtube kanaal gaan subscribe, en gratis na al my videos kyk. Ek glo van harte dat dit vir u 'n groot seën sal wees en dat die HERE u daardeur sal aanraak. Die Here het u lief en wil graag in 'n persoonlike verhouding met u staan, ons materiaal sal u in staat stel om meer kennis op te doen van God en Sy woord en ons voeg gereeld nuwe titels by ons versameling van onderwerpe. Ek glo dat al die boodskappe u sal help om ook te groei in die kennis en wandeling met die Here. Mag die liefde en genade van onse Here Jesus Christus met u wees! Amen  .


 Joh 3:16  Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. 


Effesiërs 2:8-9  Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. 


 1Ts 4:16  Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. 

1Ts 4:17  Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees. 

1Ts 4:18  Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde. 


Gaan asb deur al die verskeie skakels in hierdie website, en ek sal ook graag van u wil hoor en wat die HERE vir u gedoen het, DIE HERE SEEN U ... U kan my kontak by die volgende nommers:

Henco:  082 732 0520

Eileen:  083 434 5064

epos:  hencokruger8@gmail.com

 

Make a free website with Yola