Ek wil graag met u iets deel wat op my hart is, Jesus se koms is voor die deur, Hy gaan kom om Sy bruid te kom haal, Daar is so baie argumente oor die wegraping en die wederkoms deesdae, maar ek wil u vandag verseker, JESUS GAAN WEER KOM, dit is so hartseer dat mede gelowiges eerder stry en twis oor hierdie onderwerp maar wat hulle nie besef nie is dat hulle profesie vervul, kyk wat sê 2Petrus 3:3 Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel en sê: Waar is die belofte van sy wederkoms? Want vandat die vaders ontslaap het, bly alles soos dit was van die begin van die skepping af.
mense word moedeloos om te wag vir die koms van Jesus, want vandat ons kan onthou hoor ons dat Jesus se koms naby is, maar waarom het Jesus nog nie gekom nie? My liewe vriend - JESUS WAG DALK NET VIR JOU OM JOU HART VIR HOM TE GEE, Hy wil nie hê dat enige iemand verlore moet gaan nie, maar ongelukkig lê daardie keuse nie by Jesus nie, dit lê by u, kom ons lees verder in 2Pet 3:9 Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom. Jy sien my liewe vriend, Jesus se hartklop is siele!!!
Maar daar gaan 'n dag kom wanneer die engele aan God gaan sê dat Hy die sekel moet inslaan want die oes het oorryp geword, God is bereid om die HELE oorryp oes op die spel te plaas net vir een persoon wat nog sy hart vir Hom kan gee, maar Hy kan ook net so lank wag, en dan kom daardie dag, 'n vreugdevolle dag vir die kinders van Jesus wat hulle gereed gemaak het op Sy koms, maar vir die wat nie gereed is nie, gaan dit 'n verskriklike dag wees, 'n groot en lelike tyd lê vir hulle voor. 'n Tyd van verdrukking soos wat hierdie wêreld nog nooit gesien het nie, ek wil u aanraai, as u nog nie u hart vir Jesus gegee het nie, doen dit vandag, more mag dalk net te laat wees, want daardie laaste basuin mag dalk net blaas wanneer u dit nie verwag nie, dan kom daardie dag vir u soos 'n dief in die nag en vang u onkant, al wat dit vat is net 'n gebed, Jesus sal u nooit wegwys nie! My vraag is net, hoeveel onreg moet God nog duld voordat Sy grimmigheid opvlam? Hoeveel meer dood, diefstal, haat, hoereerdery, afgodsdiens en slegte dinge moet Hy NOG aanskou? Glo my as ek sê, die afvalligheid van die mensdom is HIER (2Thess 2), dis net 'n kwessie van tyd, Vandag as U hierdie stem hoor, moenie u hart verhard nie! Jesus het vir u die prys aan die kruis betaal, Hy is die reddingsboot uit hierdie verderflike wêreld, roep HOM aan terwyl u nog kan!! want more is dit dalk te laat - net soos die Meisie waarvan ek gehoor het, haar pastoor het by haar gepleit om haar hart vir Jesus te gee, en sy het gesê sy sal haar hart vir Jesus gee net na haar matriekafskeid, want sy wil nog net een aand van vryheid hê, en daardie aand van die matriekafskeid het sy en haar vriende dood verongeluk - Sy was EEN DAG te laat. Is dit vandag nie dalk JOU laaste dag nie?? Moenie wag vir More nie, Jesus het u lief en HY wag vir u, moenie ook u saligheid mis met EEN dag nie!
Mag die HERE jesus u ryklik seën
