Geseende van die Here, mag hierdie skrif vir u tot groot seen wees, lees dit met 'n biddende, soekende hart


Rom 3:23  want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,

Rom 10:9  As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; 

Isa 1:18  Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol. 

Joh 14:6  Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. 

1Co 15:1  Broeders, ek maak julle die evangelie bekend wat ek aan julle verkondig het, wat julle ook aangeneem het, waarin julle ook staan, 
1Co 15:2  waardeur julle ook gered word as julle daaraan vashou op die wyse waarop ek dit aan julle verkondig het, of julle moet tevergeefs geglo het. 
1Co 15:3  Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte; 
1Co 15:4  en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte; 

Eph 2:8  Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; 
Eph 2:9  nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. 

1Jo 1:9  As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig. 
1Jo 1:10  As ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot ‘n leuenaar en is sy woord nie in ons nie. 

1Jo 5:10  Wie in die Seun van God glo, het die getuienis in homself. Hy wat God nie glo nie, het Hom tot leuenaar gemaak, omdat hy die getuienis nie geglo het wat God aangaande sy Seun getuig het nie. 
1Jo 5:11  En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun. 
1Jo 5:12  Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie. 
1Jo 5:13  Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God. 

Joh 1:12  Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; 

Gal 2:20  Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het. 

Hab 3:17  Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie— 
Hab 3:18  nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil. 
Hab 3:19  Die HERE Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes. Vir die musiekleier op snaarinstrumente. 

Psa 119:105  U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad. 


 Spr 18:21  Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet

Baie maal vergeet ons, dit wat ons spreek sal ons ontvang, so as ek "dood" spreek oor my lewe, finansies, huwelik, verhoudings, omstandigheide ens. dan sal ek dood en swaarkry en siekte ens kry, maar as ek begin om lewe, oorvloed, oorwinning en vrede en vreugde te spreek, is dit wat ek sal kry! Dit wat jy spreek en jy glo dit in jou hart, is dit wat jy sal ontvang! Let van nou af op hoe jy praat, dit bring seen of dood oor jou!

 

Make a free website with Yola